Name :  
Regarding :  
Message :  
Your e-mail address * :  
Month:
Author:
Category:
  Search

IMMANUEL WEER OP DIE PLANKE!

BY

Na die baie positiewe reaksie, bied Obed Produksies weer die Afrikaanse musiekblyspel, “Immanuel, God met ons” deur die bekende dramaturg Danie Matthee, aan.


Indien jy in Desember die gewilde blyspel “Immanuel, God met ons” misgeloop het, is daar vir jou goeie nuus! Die blyspel word weer aanbied “by popular demand”, hierdie keer in die kerksaal van die NG Gemeente Kraggakamma te Broadway, Sunridge Park vanaf 8 – 11 Maart.

 

Die blyspel is geskryf deur Danie Matthee wat ook vir die regie sorg. Hy het reeds Showtime toekennings ontvang as akteur, ‘n Kanna nominasie vir sy toneelstuk Eendag op ‘n Reëndag en ‘n Afrikoontoekenning vir sy bydare tot Afrikaanse toeneelkuns. Getrou aan sy kreatiewe aanslag, vertel dié blyspel die verhaal van Jesus vanuit die perspektief van Herodes se vervolging.

 

Met oorspronklike musiek, spesiaal gekomponeer deur Andre Reyneke en danse deur die choreograaf Kareen Breytenbach, beloof ‘Immanuel’ nie net ‘n betekenisvolle verhaal en boodskap nie, maar ook hope vermaak vir oud en jonk.

 

As jy op soek is na sinvolle vermaak, kom woon een van die vertonings van 8 - 11 Maart om 19:30 in die Kraggakamma kerksaal by. Kaartjies kos R60 en word deur verskeie plaaslike skole verkoop, maar is ook beskikbaar by Westway Kaffee in Kaapweg, Newton Park en die kerkkantoor (041 360 1484).

 February 20, 2012
Comments (0)

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.

OK / Close
Please fill in the form below to continue.

Name and surname:   
Email address: