Name :  
Regarding :  
Message :  
Your e-mail address * :  
Month:
Author:
Category:
  Search

BAY FM BLOOD DRIVE - KLINICARE, DESPATCH

BY Bay FM

Klinicare Apteek in Hoofstraat Despatch skud hul vere reg vir ‘n groot en belangrike bloedskenk-promosie wat plaasvind op Dinsdag, 26 November 2013 vanaf 12:00-19:00. 

 

Hierdie promosie word moontlik gemaak deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens en Klinicare Apteek in Despatch in samewerking met Bay FM 107.9 en Williams Hunt Uitenhage tak.

 

“Die feesseisoen word geassosieer met ernstige bloedtekorte en die Despatch bloedskenk-promosie se doel is om soveel moontlik mense betrokke te kry om so krises te voorkom.  Daar word beoog om ten minste 80 mense te motiveer om moue op te rol en bloed te skenk op die dag” volgens Maryke Harris, Skakelbeampte SANBS Port Elizabeth tak.

 

Vervoer uitdagings sal aangespreek word op die dag met behulp van Williams Hunt Uitenahge wat ‘n tweerigting vervoerdiens aan skenkers sal bied op navraag.  Persone wat van hierdie diens gebruik wil maak moet asseblief direk met Williams Hunt kontak maak by 041 922 7823 en met Chantelle gesels.  Luiste ook gerus na Bay FM vir verdere inligting rondom die vervoerdiens wat beskikbaar sal wees.

 

“Die promosie tyd is vanaf 12:00 tot 19:00 wat die meerderheid mense in staat sal stel om op een of ander tyd ‘n draai te kom maak, al word daar bietjie laat gewerk.  Dit beteken daar is geen verskonings om nie deel te neem aan hierdie spesiale ‘omgee-geleentheid’ nie” sê Harris.

 

Dit beloof om ‘n lekker kuier-dag te wees met tonne gees, lekker musiek en goeie mense.  Volgens Nico van Klinicare Apteek is dit baie lekkerder om te gee as om te ontvang, so daar sal verskeie gelukkige pryse op die spel wees.  Om bloed te skenk beteken ook dat jy onvoorwardelik gee sonder om iets terug te verwag en dit is wat dit so spesiaal maak.

 

Bloeskenkers moet tussen die ouderdomme van 16 en 65 wees, meer as 50kg weeg, ‘n gesonde veilige lewenstyl handhaaf en ‘n maaltyd minstens vier ure voor die bloedskenking nuttig.

 

Kom kuier saam op 26 November 2013 by Klinicare Apteek Hoofstraat Despatch en kom deel in die pret van gee, want jou bloed red lewens.

 

Vir meer inligting kontak gerus Maryke Harris by SANBS op 041 391 8254 / maryke.harris@sanbs.org.za

 

 November 22, 2013
Comments (0)
Bay FM

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.

OK / Close
Please fill in the form below to continue.

Name and surname:   
Email address: